Universiteit van KwaZulu-Natal
universiteit in die provinsie van KwaZulu-Natal in Suid-AfrikaDie Universiteit van KwaZulu-Natal of UKZN is 'n universiteit met vyf kampusse wat almal in die provinsie van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika geleë is. Die universiteit is op 1 Januarie 2004 gestig nadat die Universiteit van Natal en die Universiteit van Durban-Westville saamgesmelt het. Tydens die apartheidsjare is die Universiteit van Natal vir blanke persone en die Universiteit van Durban-Westville vir persone van Asiatiese oorsprong gebruik.
Read article